Finansiering | Verskaf deur

Agri Credit Solutions

Wie ons is

Agri Credit Solutions is 'n geregistreerde kredietverskaffer wat finansiële produkte aan produsente bied deur ons betroubare handelsmerke Senwes Credit, Suidwes Credit en KLK Credit. Ons dien as die finansieringskakel tussen landbouprodusente en Senwes se ander bedrywighede

Ons persoonlike benadering is een van ons kern sterkpunte en daarom het ons 'n span Agri-finansieringsbestuurders wat nougeset saam met ons kliënte werk om hulle van pasgemaakte finansiële oplossings te voorsien wat hul aankope deur die insetverskaffingsvennote binne die groep, moontlik maak.

Agri Finansieringsbestuurders

Wat ons bied

Agri Credit Solutions bied aan kliënte, via Hinterland, toegang tot kwaliteit landbou-insette. Agri Credit Solutions se hoofdoelwit is om kredietaansoeke met betrekking tot 'n wye verskeidenheid boerderyaktiwiteite, te vereenvoudig en te bespoedig. Sekere gespesialiseerde finansieringsprodukte is ook beskikbaar om jou te ondersteun en in staat te stel om ingeligte sakebesluite te neem. Alles geskoei rondom die aspek om dit vir jou makliker te maak om jou besigheid te groei.

Ons het 'n gebruikersvriendelike aanlyn-aansoekproses ontwerp, tesame met 'n vereenvoudigde administratiewe proses wat ons in staat stel om vinnige omdraaitye vir jou leningaansoeke te bied.

Ondersteuning vir Opkomende Produsente

By Agri Credit Solutions verstaan ons dat spesialisondersteuning noodsaaklik is vir jou landbousukses. Daarom bied ons mededingende rentekoerse en toegang tot Agri-finansieringspesialiste wat jou deur die finansieringsaansoekproses neem. Ons verskaf pasgemaakte finansiële oplossings om aan die unieke vereistes van opkomende boere te voldoen. Kontak ons vandag om meer uit te vind oor hoe ons jou kan help om jou besigheid te laat groei.

Kontakpersoon:
 

Ons Handelsmerke

ACS Asset Finance

Produkte en Dienste

Maandrekeninge

Jy kan 'n wye verskeidenheid items op jou maandrekening by Hinterland, of enige kleinhandelswinkel in die Senwes Groep, koop. Die rekeningsaldo's word betaalbaar 30 dae na staatdatum. Hierdie rekening is ook rentevry tot op die betaaldatum, wat dit vir jou makliker maak om jou finansies te bestuur.

Produksierekening

Agri Credit Solutions verskaf kredietfasiliteite om kliënte in staat te stel om landbou-insetprodukte en -dienste deur Hinterland aan te koop, wat nodig is vir die produksie van somer- en/of wintergewasse.

Hoe werk dit?
  • 01
    Kredietevaluering

    Elke krediet-aansoek sal beoordeel word, met inagneming van sekere faktore soos die aansoeker/kliënt se:

    • Finansiële posisie
    • Bekostigbaarheidsevaluering
    • Risikogradering
    • Kredietwaardigheid

    Op grond van die uitkoms van die evaluering kan krediet moontlik met of sonder sekuriteitsvereistes toegestaan word.

  • 02
    Insette vennote

    Die kredietfasiliteite stel die kliënt in staat om insetprodukte en -dienste by Hinterland, of enige ander kleinhandelswinkels binne die Senwes Groep van maatskappye, aan te koop.

  • 03
    Terugbetaling

    Die kredietfasiliteite moet ten volle vereffen word, nie later nie as 31 Augustus (somergewasse) en 31 Januarie (wintergewasse), of soos gewasse vir die spesifieke oesseisoen geoes en verkoop word, watter gebeurtenis ook al eerste plaasvind.

Diereproduksierekening

Agri Credit Solutions bied finansieringsopsies vir die produksie van rooivleis en wolverwante produkte. Betalingsdatums sal in die bepalings en voorwaardes van Agri Credit Solutions gespesifiseer word.

Versekeringsrekening

Deur ons geaffilieerde maatskappy Certisure Brokers, bied ons 'n reeks versekeringsprodukte wat aangepas kan word om aan die spesifieke vereistes van ons kliënte te voldoen.

Graanfinansieringsrekening

Met ons graanfinansieringsrekening kan kliënte geld teen graan wat by Senwes Grainlink gestoor is, leen om kontantvloei te verbeter. Hierdie rekening is betaalbaar binne ses maande of op 'n datum wat deur Agri Credit Solutions bepaal word.

Veerekening

'n Kredietfasiliteit om algemene vereistes en bedryfsbehoeftes vir diereproduksie te finansier. Die rekening moet jaarliks teen 31 Augustus vereffen word.

Kalkrekening

Hierdie rekening stel kliënte met produksierekeninge by Agri Credit Solutions in staat om kalk by Bastion te koop. Uitstaande saldo's is betaalbaar in twee jaarlikse paaiemente op 31 Augustus (somergewasse) en/of 31 Januarie (wintergewasse).

Produksie-insetrekening

Die produksie-insetrekening stel produsente in staat om saad, kunsmis en gewasbeskermingsprodukte aan te koop. Die rekening is betaalbaar binne 180 dae na faktuurdatum.

Mediumtermynlening

Hierdie diens bied aan kliënte die geleentheid om landbou-eiendom met afbetalingsopsies van maandeliks, kwartaalliks, halfjaarliks of jaarliks te koop. 'n Eerste dekkende verband oor vaste eiendom met 'n eiendomswaarde gelykstaande aan die leningsbedrag, word as sekuriteit vereis. 'n Deposito van 30% mag vereis word, afhangende van die uitkoms van die kredietbeoordeling.

Ons help graag

Wat is jou behoefte?

Of jy nou jou bedrywighede wil uitbrei, in nuwe tegnologie wil belê, of bloot hulp benodig het met kontantvloeibestuur, ons is hier om te help. Kontak ons vandag om meer te wete te kom oor hoe Agri Credit Solutions jou kan help om jou finansiële doelwitte te bereik, en die eerste stap te neem na 'n beter, meer voorspoedige toekoms in die landbou.

  • Produksierekeninge
  • Maandrekeninge
  • Opkomende produsente
Johan Meiring

Head: Client Relations

Johan Meiring

Head: Client Relations

Johan Meiring

Head: Client Relations

Johan Meiring

Head: Client Relations

English